Sungubala Mountain Camp
Sungubala is ‘n “Bush Camp” geleë in die Noordelike Drakensberge in Kwa Zulu Natal. Hierdie unieke “Bush Camp” sit op 500ha in die ongerepte natuur, onder die berg pieke van Hlolela en Sungubala, net noord van die Royal Natal Park. Die plaas is omring deur ‘n 30 000 – 40 000ha bewaarde natuur gebied,waarnatoe ons toegang het.

Sungubala is vir die besoeker wat opsoek is na ‘n berg ervaring, of dit op ‘n staproete is, of net ontspannig in die kamp.
Akkomodasie en fasiliteite:
-
6 x 2 bed safari tent akkommodasie, onder gras dakke, met spesiaal gemaakte hout beddens en goeie matrasse. Vyf van die eenhede het ‘n Berg uitsig en die sesde het sy eie braai
-
3 x 2 bed A Raam hutte, onder gras dak. Die het bietjie meer ruimte as die tente, en al die eenhede het ‘n berg uitsig
-
1 x 8 bed Berghuis. Dié het 2 kamers wat elkeen 4 persone slaap. Die huisie het sy eie stort en toilet geriewe, kombuis, ‘n kaggel en braai area.
-
Die A Rame en safari tente deel ‘n skone ablusie blok met warm en koue water
-
Die gemeenskaplike boma het 2 sitkamers, een met ‘n kaggel, ‘n kombuis met koel – en yskaste en stowe. ‘n Kamp vuur word elke aand gestook. Elke eenheid het sy eie kassie, in die boma, met persoonlike eetgerei.

Aktiewieteite:
- Daaglikse begeleide staproetes
- Gemerkte roetes wat ‘n mens self kan stap
- In die buurt:
- Drakensberg Seunskoor Skool
- Aasvoël restourant
- Kulturele togte na die Amazizi en Amangwane gemeenskappe
- Basotho Kulturele dorpie
- Voortrekkerpas en Retief monument
- Toegang tot perdry, forrel visvang, abseiling, trapeze, paintball, en gholf
- Rivier swem of in die dammetjies by die kamp
- Oornag staptogte na die Amfiteater.

Uitsonderlike attraksies:
- Die Wêreld se enigste “Silent Woman”
- Boesman tekeninge
- Cannibal Cavern – waar nGuni mense skuilplek gesoek het van Shaka, en moes mensvreters word om te oorlewe
- Kampvuur met ‘n helder suid afrikaanse hemel lug
- ‘n Atmosfeer wat geskep is deur olie lampe
- Die stilte sonder elektriesiteit, televisies and gewone hotel geraas

Lokasie:
-
Amper halfpad tussen JHB (385km) en DBN (275km)
-
Naby aan die slagvelde by Ladysmith
-
Aangrensend die Royal Natal Park by die Tugela Gorge en Amfiteater
-
Gaste word 1.8km na die kamp vervoer, in ‘n 4x4 voertuig. Daar is veilige, onderdak parkering vir u motors, by ontvangs. Eie 4 x 4’s mag gebruik word teen ‘n ekstra koste, wat u ‘n onbeperkte toegang toelaat tot die pad na die kamp

Hoekom Sungubala?
- ‘n Regte Drakensberg ervaring met ‘n besondere uitsig
- Persoonlike aandag van die eienaars wat kenners is van die omgewing en sy geskiedenis
- Suid Afrikaanse tariewe.
Tariewe
VRA OOR ONS MIDWEEK TARIEWE EN SPESIALE AANBIEDINGE *
Akkommodasie wat etes in sluit sal allleenlik beskikbaar wees aan kliente wat ‘n minumum van 14 dae vooraf bespreekde akkommodasie het.
Laat bespreekde akkommodasie wat etes in sluit sal af hang van die beskikbaarheid van vars voorraad.
Etes is vanaf ‘n vasgestelde spyskaart .
Naweke – minimum tarief is vir twee nagte.
Reis agentskappe en toeroperateurs se kommissie is 10% op bogenoemde tariewe behalwe gidse/bestuurders wat spesiale tariewe betaal.
Kinders betaal 10% per jaar ouderdom, buite siesoen.
* Geen kommissie mag op spesiale tariewe geeis word nie.
