sungubala drakensberg mountain bush lodge
sungubala drakensberg mountain bush lodge
Vanaf Johannesburg (385km): Volg
die N3 hoofweg na Durban. Breek weg van die N3 hoofweg aan die
Suide kant van Harrismith (Afrit 29 – N5 Bethlehem,
Phuthaditjhaba en Bergville) naby die SPUR Village ( nie die
Wimpy/Warden afrit nie). Draai regs en volg die N5 na Bethlehem.
Gaan oor die stop straat ongeveer 2km daarna, na ongeveer 4km
draai links op die R74 (alternatiewe pad na Durban) opad na
Bergville. NA NET 7- 8KM DRAAI WEER LINKS EN VOLG DIE PAD NA
BERGVILLE. (As u vergeet om af te draai eindig u op die R712
opad na Phuthaditjaba/Goldengate/Clarens = VERKEERDE PAD!) U sal
die Sterkfonteindam verbysteek aan u regter kant, hou net aan
met die pad na die Oliviershoek pas. 8km na die Little
Switzerland Hotel, op die R74, sal u die afdraai na die
Noordelike Drakensberge sien, draai regs hier en volg die tekens
na Sungubala of The Cavern. Na 6km draai weer regs, volg die
Sungubala of The Cavern pad tekens die heeltyd, verby die Ledges
B&B aan die regter kant. Net voordat u die Cavern bereik sal
u die teken na Sungubala Reception sien, draai hier regs en volg
die paadjie tot by die parkeering, dit is Sandstone Lodge en ons
Ontvangs.
Vanaf Durban(275km): Volg die N3 hoofweg na Johannesburg. 6km na die Estcourt Ultra City draai links op die R74 oppad na Winterton en Bergville. Na 21km kry u Winterton en na ‘n vedere 21km sal u Bergville kry, hou met die pad aan nog ‘n vedere 28km verby Bergville en draai links by die Noordelike Drakensberg teken, net voor die Oliviershoek pas. Nadat u hier links gedraai het volg die pad tekens na Sungubala of The Cavern. Na 6km draai regs, volg weer net die Sungubala of The Cavern tekens, verby die Ledges B&B aan die regter kant. Net voordat u die Cavern bereik sal u die teken na Sungubala Reception sien, draai hier regs en volg die paadjie tot by die parkeering, dit is Sandstone Lodge en ons Ontvangs.
Vanaf Bloemfonteing (400km):
volg die N1 na Johannesburg. Draai op die N5, na Bethlehem, by
Winburg. Ry deur Senekal en Paul Roux. Ry deur Bethlehem en na
omtrent 40 – 45kms draai regs by Kestell op die R57 na
Phuthaditjhaba. Na 40kms, net by Phuthaditjhaba draai links op
die R712 na Harrismith. Na omtrent 35kms draai regs op die R74
na Bergville. U sal die Sterkfonteindam verbysteek aan u
regter kant, hou net aan met die pad na die Oliviershoek pas.
8km na die Little Switzerland Hotel, op die R74, sal u die
afdraai na die Noordelike Drakensberge sien, draai regs hier en
volg die tekens na Sungubala of The Cavern. Na 6km draai weer
regs, volg die Sungubala of The Cavern pad tekens die heeltyd,
verby die Ledges B&B aan die regter kant. Net voordat u die
Cavern bereik sal u die teken na Sungubala Reception sien, draai
hier regs en volg die paadjie tot by die parkeering, dit is
Sandstone Lodge en ons Ontvangs.
Veilige reis en bel ons op 082-781 3476 as u probleme met die
aanwyssings het.
S28 38 046 E28 57 558
