Aanwyssings na Sungubala Mountain Camp

Vanaf Johannesburg(385km)
Volg die N3 hoofweg na Durban. Breek weg van die N3 hoofweg aan die Suide kant van Harrismith (Afrit 29 - N5 Bethlehem, Phuthaditjhaba en Bergville) naby die SPUR Village ( nie die Wimpy/Warden afrit nie). Draai regs en volg die N5 na Bethlehem. Gaan oor die stop straat ongeveer 2km daarna, na ongeveer 4km draai links op die R74 (alternatiewe pad na Durban) opad na Bergville. NA NET 7- 8KM DRAAI WEER LINKS EN VOLG DIE PAD NA BERGVILLE. (As u vergeet om af te draai eindig u op die R712 opad na Phuthaditjaba/Goldengate/Clarens = VERKEERDE PAD!) U sal die Sterkfonteindam verbysteek aan u regter kant, hou net aan met die pad na die Oliviershoek pas. 8km na die Little Switzerland Hotel, op die R74, sal u die afdraai na die Noordelike Drakensberge sien, draai regs hier en volg die tekens na Sungubala of The Cavern. Na 6km draai weer regs, volg die Sungubala of The Cavern pad tekens die heeltyd, verby die Ledges B&B aan die regter kant. Net voordat u die Cavern bereik sal u die teken na Sungubala Reception sien, draai hier regs en volg die paadjie tot by die parkeering, dit is Sandstone Lodge en ons Ontvangs.
Vanaf Durban(275km)
Volg die N3 hoofweg na Johannesburg. 6km na die Estcourt Ultra City draai links op die R74 oppad na Winterton en Bergville. Na 21km kry u Winterton en na ‘n vedere 21km sal u Bergville kry, hou met die pad aan nog ‘n vedere 28km verby Bergville en draai links by die Noordelike Drakensberg teken, net voor die Oliviershoek pas. Nadat u hier links gedraai het volg die pad tekens na Sungubala of The Cavern. Na 6km draai regs, volg weer net die Sungubala of The Cavern tekens, verby die Ledges B&B aan die regter kant. Net voordat u die Cavern bereik sal u die teken na Sungubala Reception sien, draai hier regs en volg die paadjie tot by die parkeering, dit is Sandstone Lodge en ons Ontvangs.
Vanaf Bloemfontein (400kms):
Volg die N1 na Johannesburg. Draai op die N5, na Bethlehem, by Winburg. Ry deur Senekal en Paul Roux. Ry deur Bethlehem en na omtrent 40 - 45kms draai regs by Kestell op die R57 na Phuthaditjhaba. Na 40kms, net by Phuthaditjhaba draai links op die R712 na Harrismith. Na omtrent 35kms draai regs op die R74 na Bergville.
U sal die Sterkfonteindam verbysteek aan u regter kant, hou net aan met die pad na die Oliviershoek pas. 8km na die Little Switzerland Hotel, op die R74, sal u die afdraai na die Noordelike Drakensberge sien, draai regs hier en volg die tekens na Sungubala of The Cavern. Na 6km draai weer regs, volg die Sungubala of The Cavern pad tekens die heeltyd, verby die Ledges B&B aan die regter kant. Net voordat u die Cavern bereik sal u die teken na Sungubala Reception sien, draai hier regs en volg die paadjie tot by die parkeering, dit is Sandstone Lodge en ons Ontvangs.
Veilige reis en bel ons op 082 781 3476 as u probleme met die aanwyssings het.
